Edward VII van die Verenigde Koninkryk

Edward VII
Koning van die Verenigde Koninkryk en die Britse Dominiums; Keiser van Indië
Koning Edward ná sy kroning in 1902, deur sir Luke Fildes, National Portrait Gallery, Londen. Let op die septer in sy oorspronklike vorm, kort voordat die Cullinan-diamant bygevoeg is.
Koning Edward ná sy kroning in 1902, deur sir Luke Fildes, National Portrait Gallery, Londen. Let op die septer in sy oorspronklike vorm, kort voordat die Cullinan-diamant bygevoeg is.
Vorstehuis Sakse-Koburg en Gotha
Titels SM die Koning
SKH die Prins van Wallis
SKH die Hertog van Rothesay
SKH die Hertog van Cornwallis
Regeer 22 Januarie 19016 Mei 1910
Kroning 9 Augustus 1902
Voorganger Victoria
Opvolger George V
Volle naam Albert Edward
Gebore 9 November 1841; Buckingham-paleis, Londen
Oorlede 6 Mei 1910; Buckingham-paleis, Londen
Begrawe 20 Mei 1910; St. George-kapel, Windsor
Eggenote Alexandra van Denemarke
Kinders Prins Albert Victor, Hertog van Clarence en Avondale
George V
Louise van Sakse-Koburg en Gotha, Hertogin van Fife
Prinses Victoria
Maud, Koningin van Noorweë
Prins Alexander John van Wallis
Vader Albert van Sakse-Koburg en Gotha
Moeder Victoria

Edward VII (Albert Edward, deur sy familie meestal Bertie genoem; * 9 November 1841; † 6 Mei 1910) was koning van die Verenigde Koninkryk en die Britse dominiums asook Keiser van Indië van 22 Januarie 1901 tot met sy dood op 6 Mei 1910. Hy was die eerste monarg van die Huis van Sakse-Koburg en Gotha wat deur sy seun George V hernoem is tot die Huis van Windsor.

Voor hy koning geword het, was Edward die Prins van Wallis en regmatige troonopvolger vir langer as enigiemand anders in die geskiedenis.[1] Tydens die lang tyd dat sy ma, koningin Victoria, ’n weduwee was, was hy grootliks uitgesluit van enige politieke mag en het hy die modebewuste elite met ’n luilekker lewe verpersoonlik.

  1. Hy was die regmatige opvolger vir 59 jaar, 2 maande en 14 dae. Koning Charles III, die laaste Prins van Wallis, het dit op 21 April 2011 oortref. Edward was Prins van Wallis vir 59 jaar, 1 maand en 13 dae; Charles het dit op 9 September 2017 oortref.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne